Maple Studio
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 6 Mei 2024 tot 31 Jul 2024.
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maple-laan 1, Bergvliet, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
-
Vanaf
R990R891 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Maple Studio is 'n bekoorlike selfsorg-eenheid op 'n woonerf in Kaapstad se suidelike voorstad Bergvliet.
Die ateljeewoonstel bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-ontwerp met 'n slaaparea, sitarea en 'n aparte kombuisie. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die badkamer het 'n stort. Die kombuisie is met 'n yskas-vrieskas, stoofplaat, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster toegerus. Daar is ook 'n gemaklike rusbank, TV met satellietkanale en 'n etenstafel met sitplek vir 2.
Die ateljeewoonstel lei na 'n privaat stoep met 'n sitarea en braaigeriewe. Gaste het ook toegang tot 'n gemeenskaplike swembad, tuin en waskamer, asook parkeerplek in 'n motorhuis.
Die woonstel is net 'n entjie se ry vanaf die middestad, strande en die Constantia Wynlande. Die area spog met skole en privaat hospitale, wat Maple Studio 'n ideale opsie vir sakereisigers en toeriste maak.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.2/5
Cape Eazi Stayz Geverifieer
Eiendomme 18
Resensies 41
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Maple-laan 1, Bergvliet, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
- Gaste dink Maple Studio het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bergvliet Suidelike Voorstede Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maple-laan 1, Bergvliet, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap