Maputaland Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Maputalnd Gastehuis is in die hartjie van St. Lucia geleë, wat deel is van die iSimagaliso Vleilandpark.

Ons het 6 slaapkamers waarvan 5 direkte toegang na ons rustige en tropiese tuin en sprankelende swembad het. Een van ons kamers is 'n gesinssuite met 2 slaapkamers. Alle kamers het en suite-badkamers, asook lugversorging - 'n MOET vir ons baie warm Maputaland-somers - en daar is tee- en koffiemaakgeriewe, haardroërs en klein kluise.

Maputaland is in 'n ryk etniese styl ingerig en het 'n ware Afrika-atmosfeer. Ons streef daarna om jou tuis te laat voel sodat jy kan ontspan. Alle toere en doendinge, soos die 'Groot 5' Hluhluwe/Imfolosi-wildreservaat, 'n bootrit op die riviermonding om seekoeie, krokodille en voëls te sien, ritte na Kaap Vidal om die marienelewe te ontdek terwyl jy snorkelduik of tyd op ons ongerepte strande bestee, walvis- en skilpadkyk, diepseevisvang, perdritte en vele ander doendinge kan vir jou gereël word.

Die klein dorpie het winkels, 'n bank, vulstasies en talle eetplekke en is stapafstand van ons gastehuis af. Die strand is ook naby. Voordat jy jou dag begin bederf ons jou met 'n Kontinentale buffet-ontbyt en 'n gekookte Engelse ontbyt. Indien jy baie vroeg wil uitgaan, sal ons ook jou ontbyt vir jou inpak en op versoek 'n piekniek-middagete vir jou saamgee.

Kom geniet die warm gasvryheid van jou Engels- en Duitssprekende gasheer en gasvrou, Peter en Gisela Orban.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Maputaland Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 240 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false