Ramsgate Beach Akkommodasie by Mare Vista 8 | LekkeSlaap
+26

Mare Vista 8

8 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oswaldweg 10, Mare Vista-kompleks, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Mare Vista 8 is 'n selfsorgwoonstel op die grondvloer in 'n sekuriteitskompleks tussen welige, tropiese plantegroei. Die eenheid is stapafstand van die Ramsgate Boulevard af.

Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, 'n handstort, 'n toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n stapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo, dus slaapplek vir 3. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond en alle eetgerei en breekware wat benodig word vir sorgvrye verblyf. Die sitkamer het 2 gerieflike slaapbanke, 'n TV met 'n DStv-verbinding en 'n DVD-speler. Die veranda is beveilig. 'n Houtskool-braai is beskikbaar net buite die veranda in die tuintjie. Die woonstel bied 1 toesluitmotorhuis.

Die Mare Vista-kompleks bied gemeenskaplike braaigeriewe en veilige parkeerplek vir 'n tweede motor of sleepwa.

Die kompleks is naby Ramsgate se Blouvlagstrand en Blue Lagoon Restaurant. Dit is sowat 600 m van die gewilde Waffle House af.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Mare Vista 8 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Tripelstapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xTripelstapelbed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 8 resensies vir Mare Vista 8
Netheid
4.1/5
Diens
4.4/5
Ligging
3.6/5
Veiligheid
3.6/5
Waarde vir geld
3.5/5

Ligging

  • Oswaldweg 10, Mare Vista-kompleks, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Mare Vista 8 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (plek vir 6)
Vanaf R600
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oswaldweg 10, Mare Vista-kompleks, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkwOWFmNDkyLWM2YjItNGExYS1iZjEzLTRhYzBjMjE4YmI4Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (plek vir 6) 8 5 1 4 10 Oswald Road Mare Vista complex 4285 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -30.8840221 30.3494707
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za