Maroela Bushveld Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Maroela Bushveld Lodge is 'n selfsorg-wildlodge op 'n privaat plaas, sowat 13 km vanaf Bela-Bela. Dis ideaal vir 'n gesin of vriendegroep van 20 vir 'n bosveldwegbreek.

Verblyf by Maroela Bushveld Lodge bestaan uit 3 chalets, 1 sentrale boma met 'n binnestort en 'n buitestort en -bad, 'n vermaakarea met 'n veerpyltjiebord, 'n swembad en 'n kombuisarea. Die kombuis het 'n pizza-oond, kroegarea, gasyskas en 'n gasstoof.

Die eerste chalet bied slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 dubbelbeddens. Die leefarea het 'n enkelbed en is langs die kombuis wat met 'n gasstoof en 'n -yskas toegerus is.

Die tweede chalet bied slaapplek aan 5 gaste en het 'n oopplan-uitleg. Die eenheid het 2 dubbelbeddens en 1 driekwartbed. Die privaat badkamer is apart en het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die eenheid het ook 'n gasstoof en 'n -ketel.

Die derde chalet bied slaapplek aan 8 gaste en het 'n oopplan-uitleg. Dié eenheid het 8 enkelbeddens en bied toegang tot 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die eenheid het ook 'n gasstoof en 'n -ketel.

Addisionele elektrisiteit vanaf 'n kragopwekker kan gereël word. Gaste kan ook wildritte bespreek. Die plaas is die tuiste van verskeie wildspesies, insluitend die koedoe, blouwildebees, impala, blesbok, sebra, bosbok en die duiker.

Slaapplek

'n Bespreking by Maroela Bushveld Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 4 persone
2 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 2 - Huisves 5 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Dubbelbed

Area 3 - Huisves 8 persone
8 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Maroela Bushveld Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 20)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false