Vaalwater Akkommodasie by Matamba Bush Campsite | LekkeSlaap
+41

Matamba Bush Campsite

4 resensies
Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 56 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Hermanusdorings Pad, Vaalwater, 0530, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R490 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Twee uitmuntende, eksklusiewe kampeerterreine geleë op 'n pragtige privaat wildplaas. Tau Camp beslaan sowat 4 hektaar en bestaan uit drie individuale kampeerterreiene wat sowat 200 m van mekaar af geleë is. Die kampeerterreine is baie privaat en huisves tot 5 families per groep met gemak. Die ruim familiebadkamer het 'n grasdak, netvensters en 'n uitsig op die bos. Die kombuis het 2 wasbakke, 'n inligtingsarea en 'n tafel en stoele. Altwee hierdie geriewe is toegerus met elektrisiteit. Daar is 'n buitestort onder 'n groot Wilde Seringboom en 'n buitetoilet in 'n lekkerbreekbos. Die kampeerterrein en geriewe is aanmekaar verbind deur klein bospadjies. Aangesien daar nie heinings is nie, is die wild deurentyd in en om die kampeerterrein te bespeur.

Mara's Camp is 'n privaat kampeerterrein vir een groep wat tot 10 families kan huisves.

Dit is geleë in die middel van die plaas in 'n digte bos met pragtige reusbome. Hierdie kamp is geheel en al omgewingsvriendelik en laat 'n minimale voetspoor op die omgewing. Daar is nie elektrisiteit nie, maar gasgeysers voorsien 'n eindelose hoeveelheid warmwater. 2 Pragtige familiebadkamers is om reusbome gebou, met stortvloere van klip en klippieversiering, en vollop hake en bankies vir klere en badkamerbenodighede. Daar is 'n groot sentrale vuurmaakplek (brandhout word voorsien) en 'n opwasarea wat in die bome gebou met 'n uitsig op Zebra vlaktes. Moenie verbaas wees as geinteresseerde Gemsbokke en Elande jou dophou terwyl jy staan en skottelgoed was nie!

Matamba is geleë op 'n effense suidelike helling met fantastiese uitsigte op die berge. Daar is 60 km se staproetes. Dit is moontlik om hierdie roetes met 'n bergfiets aan te durf, mits jy ervare is. Ongelukkig word geen motors op hierdie paaie toegelaat nie. 4 Staproetes is uitgelê, maar die hele plaas is tot gaste se beskikking.

Daar is 3 watergate en 'n natuurlike fontein, almal net 'n klein entjie se stap van die kampeerterreine af. Kibu Hide is 'n dek wat 2 meter van die grond af in 'n Wilde Seringboom gebou is, dit het 'n uitsig oor Zebra vlaktes en 'n klein watergat. Dit is omtrent 150 m van Mara's Camp af en 'n lieflike plek om te vertoef.

Ndege Hide het 'n uitsig oor die natuurlike fontein in 'n digte bos. Dit is 'n grasdakgebou wat op stelte staan. Die netvensters kan opgerol word vir 'n beter uitsig en die gerieflike stoele maak dit 'n heerlike plek om te ontspan.

Meer as 30 spesies rustige wild, asemrowende voëllewe, 'n wye verskeidenheid bome, veldblomme en grasse is alles hier te sien. Matamba is nét die plek om te ontspan en die bosveld te geniet.

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir Matamba Bush Campsite
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Hermanusdorings Pad, Vaalwater, 0530, Limpopo
  • Gaste dink Matamba Bush Campsite het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R490
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R490
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 56 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Hermanusdorings Pad, Vaalwater, 0530, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdkZWY4YjhlLTA5NjgtNGJlMi1hZjRkLWQwY2U3OGUyMGU3OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R490  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 5 Hermanusdorings Road Vaalwater 0530 Limpopo 086 999 0018 12:00-19:00 12:00 -24.10860089571 27.976388186216
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za