Mavela Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mavela Game Lodge is unieke, luukse lodge met safari-styl tente wat skuil in die hartjie van die pragtige Manyoni Privaat Wildreservaat naby Mkuze. Die reservaat strek oor 23 000 hektaar. Daar is Groot 5 in dié reservaat in die noorde van KwaZulu-Natal. Hier kan gaste met die Afrika-bosveld kennis maak.

Verblyf is beskikbaar in 5 luukse tente met en suite-stortgeriewe en 'n privaat dek met 'n pragtige uitsig oor die bosveld. Gaste kan lekker ontspan op die dek wat dekstoele het. Kraakvars wit linne word gebruik vir die koninggrootte-beddens wat ook as 2 enkelbeddens opgemaak kan word. Die tente is smaakvol versier en het elk 'n plafonwaaier en luukse Charlotte Rhys-geriewe.

Die hooflodge het 'n grasdak wat 'n valk uitbeeld. Die opelug-eetkamer en -sitkamer het oorgenoeg plek waar jy kan sit en ontspan en daar is fantastiese uitsigte oor die Manyoni Privaat Wildreservaat van die kroeg op die boonste vloer af. Die buitelug-boma is die ideale plek om soel Afrika-nagte deur te bring en jy kan heerlik afkoel in die swembad op 'n warm Zoeloeland-dag.

Mavela Game Lodge is trots op die dekadente etes wat gaste kan geniet. Aandetes is driegangmaaltye wat perfek gekomplimenteer word deur 'n gehalte-wynversameling. Die kamp is nie omhein nie en gaste sal begelei word na hul kamers na aandete.

Die hoogservare en passievolle safari-gidse neem gaste daagliks op wildritte deur die reservaat in 'n oop 4x4-voertuig. Manyoni Privaat Wildreservaat is een van KwaZulu-Natal se beste safari-bestemmings vir voëls en diere. Dit het meer as 400 voëlspesies en bedreigde spesies soos jagluiperds en wildehonde. Dis die ideale plek vir 'n onvergeetlike Suid-Afrikaanse safari. Ons gidse is passievolle voëlkyk-entoesiaste en sien uit daarna om jou bekend te stel aan hierdie stukkie voëlkykparadys in die hartjie van Zoeloeland.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Drankies ingesluit
  •  Middagete
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mavela Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false