Polokwane Akkommodasie by Mavuta Boutique Apartments | LekkeSlaap
+70

Mavuta Boutique Apartments

Selfsorg
  • Kapasiteit: 38 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 179 Marshall Straat, Polokwane , 0699, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Mavuta Boutique Apartments bied moderne selfsorgverblyf in die hartjie van Polokwane se sakekern. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na luukse verblyf, hetsy vir sakereise of vir ontspanning, na aan verskeie geriewe en doendinge.

Ons bied 9 smaakvolle woonstelle wat elkeen gemeubileer is met kontemporêre dekor en afgerond is met 'n Franse flair. Agt van die woonstelle het elkeen 2 slaapkamers, 'n oopplan-eetkamer en -leefarea en 'n volledig toegeruste kombuis waar jy heerlike maaltye kan voorberei. Die "Executive Suite" het een ruim en suite-slaapkamer met 'n aparte aantrekkamer, 'n gaste-toilet, kombuis, leefarea en 'n ruim area waar jy kan eet of gaste ontvang.

Elkeen van die woonstelle het ondervloerse verhitting in die badkamer, 'n TV met volledige DStv sowel as gratis WiFi en 'n balkon of patio. Daar is ook verskeie ander luukshede vir jou gebruik beskikbaar. Die instansie bied ook 'n butler-diens en etes kan bespreek en voorberei word deur ons eie sjef in die kompleks se kombuis. Vir sakereisigers bied ons 'n raadskamer en sake-lokaal vir tot 10 afgevaardigdes.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir jou motor en ons is langs die Peter Mokaba Stadion. Die kompleks is na aan verskeie winkelsentrums, museums en restaurante, en verskeie binnenshuise en buitelug-doendinge. Ons is sowat 12 km van die Polokwane Internasionale Lughawe af.

Ligging

  • 179 Marshall Straat, Polokwane , 0699, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Polokwane Limpopo
Vanaf R2 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf R2 700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 38 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 179 Marshall Straat, Polokwane , 0699, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJlYzNhYzhmLTFhZTgtNGY0Yy04Y2I0LWRkMmRhYmI5MTZhNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 700  per nag (plek vir 2) 179 Marshall Street Polokwane 0699 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -23.915502530198 29.467790424787
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za