Mecca Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mecca Guest House is op 'n pragtige plaas,13 km buite Black Rock in Santoy, in die hartjie van die Kalahari-streek in die Noord-Kaap geleë. Die oorspronklike plaashuis is opgeknap om gerieflike verblyf vir sakereisigers en vakansiegangers te bied.

Daar is 9 moderne, luukse kamers met lugversorging. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Verder is daar ook lugversorging, ’n TV met sekere DStv-kanale, 'n eerlikheidskroeg, lessenaar en gratis WiFi. Die en suite-badkamers het storte, toilette en wasbakke. Linne en handdoeke word voorsien. Die kamers se privaat deure stel gaste in staat om na hartelus te kom en gaan.

Die kamers se interieur skep 'n kalm atmosfeer en is lekker oop na buite om die natuurskoon in te nooi.

Tradisionele Suid-Afrikaanse tuis-voorbereide etes is op versoek beskikbaar.Vir diegene wat eerder self wil kos maak is daar ’n braai-area met komplimentêre hout.

Mecca Guest House bied met trots gehaltediens aan sakereisigers, gaste in die mynboubedryf, reisigers wat net hier kom oorslaap op pad na die Augrabies, Namakwaland se blomme of Botswana, óf diegene wat bloot Suid-Afrika se wonders wil verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mecca Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R935 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false