Mei-Pen-Lai

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mei-Pen-Lai bied akkommodasie teen die strand in Umdloti aan die Noordkus. Kom kuier hier en ervaar die eksotiese gevoel van die lewe op 'n Thailandse eiland. Jy kan branderplankry, vlieërbranderry, visvang en swem in die veilige water op jou drumpel. Die akkommodasie is ideaal geleë binne 100 m vanaf die middedorp se winkels, restaurante en vermaakplekke.

Mei-Pen-Lai is bestempel as verblyf met "luukse gerief" en daar is 3 suites. Daar is 2 oopplan-suites met houtvloere en plek vir 2 gaste. Verder is daar 1 gesin-suite met teëlvloere wat blyplek bied vir 1 paartjie en 2 jong kinders of 1 volwassene. Die suites beskik almal oor selfsorg-geriewe. Hulle is ook ingerig met Thailandse beddens, mooi beligting, koffie- en teemaakgeriewe, kombuisies vir selfsorg en TV's. Die suites word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.

Die tarief wat geadverteer word is vir 2 gaste wat deel. Vir 'n addisionele volwassene of 2 kinders onder 12 is dit R230 ekstra per nag.

Die Thailandse en Balinese meubels, hoë plafonne en 'n eksotiese, Balinese tuin doen werklik dié plek se naam gestand. "Mei-Pen-Lai" beteken "dit maak nie saak nie" of "ontspan". Hier kan gaste ontspan met die DStv, by die draagbare braai kuier of uitkyk oor die pragtige branderplankry-strand. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir ekstra gemoedsrus.

Umhlanga is minder as 'n uur se stap weg al langs die ongerepte strande van die Hawaan-woud en -strandmeer of dis net 5 minute se ry van Umhlanga en Gateway World of Shopping and Entertainment af en 2 minute se ry van Sibaya Kasino af. Durban is net 20 minute se ry weg. Verskeie wildreservate, St Lucia-meer en die Drakensberge is binne 2 ure se ry van ons af. Daar is bootritte by Umhlanga beskikbaar vir dolfyn- en walviskyk, duik of diepseehengel.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mei-Pen-Lai gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 160 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false