Mein Heim Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dié selfsorg-gasteplaas is op 'n pragtige plaas in die Noord-Kaap, net 12 km buite Kimberley, geleë. By Mein Heim kan gaste op wildritte gaan of voetslaan na die Boesman-koppie met boesmantekeninge.

Daar is 4 selfsorg-eenhede met en suite-badkamers. Kamergeriewe sluit lugversorging, elektriese komberse, badhanddoeke en linne in. Koffie- en teemaakgeriewe, en beskuit is beskikbaar. Daar is ook 'n TV met DStv in elke eenheid.

Mein Heim Estate bied ook ponie-ritte vir kinders, 'n trampolien, speletjieskamer en 'n swembad wat sorg vir ure se vermaak.

Die area bied ook 'n groot verskeidenheid besienswaardighede soos Kimberley se beroemde Groot Gat. Daar is ook heelwat museums en kunsgalerye wat as die beste in Suid-Afrika bestempel word. Kimberley het tientalle restaurante en kroeë om aan almal se behoeftes te voldoen.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mein Heim Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R825 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]