Midlands Forest Lodge
- Kapasiteit: 28 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Caversham-weg 56, Boschfontein, Balgowan, 3275, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 760 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Midlands Forest Lodge bied 3 verskillende verblyfopsies en is op 'n plaas in Balgowan in die KwaZulu-Natalse Middelande geleë. Hierdie lodge is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike oornagverblyf weg van die stadsgewoel. Dit bied ook toegang tot die omliggende besienswaardighede in die Natalse Middellande.
Verblyf word in 'n standaard-koningkamer met 'n tuinuitsig, gesinschalet en 'n superieur-chalet gebied. Daar is 8 standaard-koningkamers wat elk 'n koninggrootte-bed het wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Elke kamer het 'n sitarea, lessenaar, warmwaterbottel, ekstra komberse, olie-verhitters en 'n houtbalkon wat tuinuitsigte bied.
Die gesinschalets het 'n privaat ingang en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuisie en 'n leefarea. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en beide badkamers het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die superieur-chalets beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuisie en 'n leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Elke chalet het 'n kombuisie wat met 'n yskassie, tweeplaatstoof met 'n konveksie-oondjie, mikrogolf, basiese eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die sitarea lei na 'n stoep met 'n tuinuitsig en braaigeriewe.
Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike sitarea met 'n TV, eerlikheidskroeg en 'n eetarea. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kenmerke
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Wynproe
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Diana Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 8
Jare op LekkeSlaap 3
Ligging
- Caversham-weg 56, Boschfontein, Balgowan, 3275, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Balgowan Nottingham Road Natalse Middellande KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 28 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Caversham-weg 56, Boschfontein, Balgowan, 3275, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom