George's Vallei Akkommodasie by MistyCrown Self-Catering Homes - Skordi 47 | LekkeSlaap
+29

MistyCrown Self-Catering Homes - Skordi 47

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Misty Crown, Ebenezerdam, George's Valley, 730, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

MistyCrown Self-Catering Homes - Skordi 47 bied 'n selfsorghuis en -woonstel in die area Misty Crown in George's Valley.

Dié vakansiehuis bied 'n pragtige uitsig oor die Ebenezerdam en omgewing, en is ideaal vir 'n groep van 12 gaste op soek na 'n rustige wegbreek.

Die verblyf is ten volle gemeubileerd en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed vir 2 klein kinders. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en toegang tot 'n badkamer wat gedeel word. Die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en sy eie badkamer.

Die kombuis is goed toegerus met al die nodige toebehore om etes voor te berei. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel en 'n sitkamer wat na die dekarea lei. Laasgenoemde het lekker skaduwee, 'n braai-area, sitarea waar gaste 'n lekker groot middagete of aandete saam met familie kan hou, 'n lieflike tuin en 'n ronde swembadjie.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 2 voertuie. Die huis is sowat 15 minute se ry vanaf die dorpie Haenertsburg in die Magoebaskloofberge.

Slaapplek

’n Bespreking by MistyCrown Self-Catering Homes - Skordi 47 sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
Plek vir 8 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
2 xKoningingrootte-bed
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir MistyCrown Self-Catering Homes - Skordi 47
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Misty Crown, Ebenezerdam, George's Valley, 730, Limpopo
  • Gaste dink MistyCrown Self-Catering Homes - Skordi 47 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R5 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Misty Crown, Ebenezerdam, George's Valley, 730, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA80g38UTAuleODulL142Zme1rcCcwVi5aQmQasoSXfvHPJslnBX?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 000  per nag (plek vir 8) 2 5 1 5 Misty Crown Ebenezer Dam 730 Limpopo 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -23.945466017757 29.976548999548
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za