We are bilingual! Pick your language: Ons is tweetalig! Kies jou voorkeurtaal:
Successfully reported

Modern Family Villa

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Fresnaye-laan 10, Fresnaye, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R15 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Modern Family Villa is 'n pragtige gesinsvakansiehuis wat sentraal in die eksklusiewe en gewilde Fresnaye-area, etlike minute van Kampsbaai se strande en die V&A Waterfront, geleë is.

Hierdie ruim huis bied uitstekende vloei van die groot, sentrale kombuis na die eetkamer en sitarea wat op hul beurt lei na 'n ingeslote stoep met gemaklike buitemeubels, 'n etenstafel en stoele. Die buite-area is alles op een vlak en daar is 'n verhitte swembad met 'n heining, 'n klimraam, trampolien en dagbed. Die groot kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei, breekware en 'n ontbyttafel met 8 stoele toegerus. Die sitarea is knus met gemaklike sitplek, 'n eetarea en 'n kaggel. Daar is 'n aparte TV-kamer vir kinders en vir diegene wat werk het om te doen is daar 'n aparte kantoor en gratis WiFi.

Die huis beskik oor 5 en suite-slaapkamers waarvan 4 lugversorging het. Die hoofsuite het direkte toegang tot die stoep en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer het 'n stoep met kunsgras en 'n koninggrootte-bed sowel as 'n bed wat slegs geskik is vir 'n kind. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het ook 'n dubbelbed en 'n matras vir 'n kind. Die ander en suite-badkamers het elk of 'n stort of bad of albei. Die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer en is op die grondverdiepingwoonstelletjie geleë. Dié kamer het nie lugversorging nie. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Daar is ook 'n binne-vermaakarea op die onderste verdieping met tafeltennis, foosball en 'n tafelhokkieblad. Die huis is in 'n gesogte, stil area van Fresnaye sonder baie wind. Dit is veilig en die motorhuis bied parkeerplek vir 3 voertuie.

Slaapplek

’n Bespreking by Modern Family Villa sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed Kinderbed vir 1
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xKoninggrootte-bed
1 xKinderbed vir 1
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed Kindermatras vir 1
Slaapkamer 4
Plek vir 3 persone
1 xDubbelbed
1 xKindermatras vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Verekombers
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Ligging

  • Fresnaye-laan 10, Fresnaye, 8005, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R15 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R15 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Fresnaye-laan 10, Fresnaye, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA39b5197dc39be7087ff6817eca0bd90a390f0d8e061bd9cc785ed6171c6401eac1ef6eefdbaae1cc288c0d261eefb113b041?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R15 000 per nag (plek vir 10) 10 Avenue Fresnaye Fresnaye 8005 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 11:00 -33.9244828 18.3848135