LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Montagu Springs | LekkeSlaap
+36

Montagu Springs

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 334 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitvlucht-straat 2093, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R835 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Montagu Springs is in die middel van die bekende Roete 62 geleë en is die perfekte wegbreekplek in 'n asemrowende omgewing. Dis sowat 200 km vanaf Kaapstad en naby die Breederiviervallei, Robertson en uitstekende wynplase.

Montagu is die perfekte plek vir gaste wat wil wegkom van die stadsgewoel. Dit lê langs die Keisierivier wat sorg vir pragtige natuurskoon en watervalletjies. Hier is sowat 40 verskillende spesies voëls.

Hier is werklik iets vir almal soos gemaklike verblyf, pragtige natuurskoon en lekker doendinge. Dit is ideaal vir romantiese wegbreke vir paartjies, families wat op soek is na 'n lekker plek wat almal sal geniet, en selfs vir diegene wat 'n onvergeetlike tyd saam met hul vriende wil geniet.

Die selfsorg-kothuise by Montagu Springs is nie net op 'n stukkie paradys geleë nie, maar pas alle behoeftes en begrotings. Daar is slaapplek vir 2 tot 4 volwassenes, 'n oopplan-sitkamer en -eetkamer asook 'n kombuis wat volledig toegerus is. Lugversorging en privaat braaiplekke is beskikbaar en gaste kan kies of hulle in chalets met 1 of 2 slaapkamers wil tuisgaan.

Daar is tientalle lekker doendinge by Montagu Springs. Die bekroonde warmswembaddens is vir volwassenes én kinders 'n trekpleister. Daar is ook 3 koue swembaddens, braaigeriewe by elke chalet, 2 tennisbane, piekniekplek langs die rivier, 'n speelarea met 'n klimraam vir kinders, fietse om te huur en 'n grasperk.

Besienswaardighede in die omgewing sluit avontuursport, wyntoere, gholf, kuns en kunsvlut, bootritte op die rivier en trekkerritte in.

Buiten die magdom doendinge bied Montagu Springs ook 'n ontspannende omgewing. Die 'n toevlugsoord tussen boorde, wingerde, pragtige berge, asewrowende bergpasse ens. Hier word al die beste dele van die wêreld bymekaar gevoeg. Dis die perfekte ontspan-plek!

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Blaaibord
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 155 resensies vir Montagu Springs
Netheid
4.1/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Uitvlucht-straat 2093, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink Montagu Springs het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R835
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R835
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 334 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uitvlucht-straat 2093, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFiMjlmNmVlLTY0Y2MtNDU3Yy1iNGE3LTlhMDUwMDIxZGI3MA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R835  per nag, vir 2 mense 155 5 1 5 2093 Uitvlucht Street Montagu 6720 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-17:00 10:00 -33.764711230524 20.118899297195
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem