Mothopo Game Lodge
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: KR 198, , Alma Vaalwater, 14470, Limpopo
- Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Mothopo Game Lodge is geleë in die hartjie van die Waterberg, sowat 40 km van Nylstroom af. Net 'n rustige 2 huur en 30 minute se ry van Johannesburg af wag die eindelose bosveld, volop voëllewe en 'n groot verskeidenheid buitelugaktiwiteite op jou. Besoekers kan jag, voëlkyk, gaan stap of net ontspan langs die vuur met die klank van Afrika-dromme in die agtergrond. Hier is iets vir almal!
Die 425 hektar malariavrye-gebied staan bekend as Knopfontein Plaas. Walter- en Rene Doubell het dit in 2001 aangekoop en omskep in 'n wild-lodge.
Die plaas kry sy naam by die Sesotho-woord vir "Blesbok", die eerste bok wat by die plaas afgelewer is, en die drie natuurlike fonteine met glashelder water.
Daar is 2 selfsorg-lodges met slaapplek vir tot 6 of 8 gaste. Die kamers is toegerus met lugversorging, en suite-badkamer, Jacuzzi-baddens en TV's. Linne word ook voorsien. Die lodge het 'n eetarea, maar etes word nie voorsien nie (behalwe gedurende spesiale geleenthede en wanneer dit met die bestuur gereël is).
Die lodge het konferensiesentrum, 'n kroeg en vermaakarea. Daar is ook 'n teetuin, swembad, braaigeriewe, oefenbof, speelgrond vir kinders en 'n spa op versoek.
Alhoewel jag die gewildste aktiwiteit by Mothopo is, kan besoekers hulself ook verlustig in die res van die lekker doendinge hier.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Videospeler
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.1/5
Walter Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- KR 198, , Alma Vaalwater, 14470, Limpopo
- Gaste dink Mothopo Game Lodge het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: KR 198, , Alma Vaalwater, 14470, Limpopo