Mountain Shadows Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Mountain Shadows Hotel is geleë in die skilderagtige Suidelike Drakensberge, in die hartjie van die Oos-Kaap en bied gerieflike verblyf in óf twee- óf drieslaapkamer en suite-eenhede. Die hotel is aan die bopunt van Barkly Pas geleë, met 'n hoogte van 1990 m bo seespieël, op die natuurskone R58 Roete tussen Barkly-Oos en Elliot.

Dit is 'n perfekte halfwegstop tussen Natal en die Oos-Kaap of Wes-Kaap. Hierdie binnelandse hotel is ideaal geleë - tussen die binneland en die Suidkus of Weskus.

Die eenhede is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, verwarmers, elektriese komberse en TV's. Jy het ook gebruik van die gemeenskaplike woonkamer met 'n grootskerm-TV en 3 kaggels. Daar is ook 'n eetkamer en 'n kroeg in die hoofgebou. Die hotel bied konferensie-fasiliteite en is die ideale venue vir opleidingsgroepe, motiverende konferensies en korporatiewe wegbreke.

Ons bekwame kombuispersoneel is byderhand om 'n opsionele Engelse ontbyt, á la carte-middagetes en 'n viergang-buffet-aandete te bedien. Ons bied ook die opsie van 'n wegneemete vir gaste wat weer in die pad moet val en verversings tydens konferensies op aanvraag.

Die hotel bied verskeie doendinge soos drie verskillende een-dag staproetes, vierwielmotorfiets- en bergfietsroetes, vlieghengel en voëlkyk. Ontsnap van jou alledaagse lewe se rumoer en kom en beleef die vars berglug terwyl jy egte plattelandse gasvryheid geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountain Shadows Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R880 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za