MS Self-catering
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Woodhouse-weg 193, Wensleydale, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
- Vanaf R700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
MS Self-catering bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n residensiële eiendom in Wensleydale, Pietermaritzburg. Daar is 'n huis met 5 slaapkamers en 'n kothuis met 2 slaapkamers op die eiendom. Dié rustige woonbuurt is ideaal vir gesinne, vriende en sakereisigers.
Die huis het 5 gastekamers, elk met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Elke kamer het 'n TV, klerekas, lessenaar, stoel, tee- en koffiemaakgeriewe, lugversorging, 'n bedkassie en 'n lamp. Dubbelbeddens is beskikbaar vir paartjies. Die huis het 'n gemeenskaplike sitkamer met 'n tafel vir 10 gaste. Die sitkamer lei na die stoep waar gaste hul etes kan geniet en die tuin kan bewonder. Die gemeenskaplike kombuis het 'n yskas, stoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, breekware, eetgerei en kookgerei. WiFi is beskikbaar.
Die kothuis het 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens in elk. Elke slaapkamer het lugversorging, 'n klerekas, bedkassie en 'n lamp. Die huisie bied slaapplek aan 4 gaste, en is ideaal vir 'n gesin. Vir langer verblyf kan die tweede slaapkamer omskep word in 'n sitkamer met banke, stoele, 'n lessenaar en 'n TV. Daar is 'n kombuisie met 'n stoof, ketel, broodrooster, mikrogolfoond, potte en panne. Die huis het ook 'n badkamer met 'n stort en toilet.
Die tuin is veilig omhein met 'n muur, lemmetjiesdraad en 'n elektriese hek. Daar is 'n pragtige roostuin, 3 toesluitmotorhuise, en 'n gemeenskaplike swembad. Gaste het toegang tot braaigeriewe. Rook in die huis is verbode, maar gaste mag 5 m vanaf 'n venster of deur rook. Die verblyf is ideaal vir beide kort en lang verblyf.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.2/5
Phumzile Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Woodhouse-weg 193, Wensleydale, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Wensleydale Scottsville Pietermaritzburg KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Woodhouse-weg 193, Wensleydale, Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang