My Destiny

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

My Destiny is 'n selfsorgvakansiehuis in Bluff. Dit is naby die strand en die gholfbaan. Dit is goed geleë om die rustigheid, uitsig en briesie te geniet. Bluff 'n pragtige en lewendige buurt in Durban se buitewyke, net sowat 12 km van die middestad af. My Destiny bied 'n idilliese kuswegbreek wat ideaal is vir 'n gesin. Dis slegs 500 m van die see af en die gholfbaan is sommer op die voorstoep.

Dié huis het slaapplek vir 6 volwassenes en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad en wasbak, en daar is 'n aparte toilet.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 4 en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV.

Die huis het 'n groot onderdakstoep met stoepmeubels en braaigeriewe. Die stoep bied 'n uitsig oor die tuin en 'n gedeeltelike uitsig oor die skoonveld. Jy kan die ongerepte strande in die omgewing besoek, of ander doendinge aanpak, soos branderplankry, lyfplankry, vlieërbranderry, duik en visvang. Verder is daar verskeie winkels en restaurante in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by My Destiny sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kindermatras vir 2

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na My Destiny gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za