Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Naftali Guest Farm

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naftali Estate, Upington, 8805, Noord-Kaap
  • Vanaf R940 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Naftali Guest Farm is op 'n werkende plaas sowat 22 km buite Upington geleë. Die plaas het ook 'n manjifieke Friesperdstoetery. Die ideale ligging maak dit die perfekte oornagplek op pad na die Kgalagadi-oorgrenspark en die Augrabies-waterval Nasional Park.

Verblyf is beskikbaar in 2 smaakvol gemeubileerde eenhede wat elk slaapplek aan 2 gaste bied. Eenheid 1 beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n oopplan-badkamer met 'n losstaande bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die oopplan-kombuis is vir selfsorg toegerus en die leefarea het 'n sitkamerstel, 'n kaggel en 'n platskerm-TV. Die stoep, braai-area en voortuin word met gaste in Eenheid 2 gedeel.

Eenheid 2 het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Verder het die eenheid ook 'n klerekas, lessenaar en 'n platskerm-TV. WiFi is ook beskikbaar. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiestasie toegerus. Gaste kan ook in die klein tuin voor die stoep ontspan en die braai wat met gaste in Eenheid 1 gedeel word, geniet.

Gaste kan stap of fietsry in die wingerde en langs die rivier, of visvang en die tuine geniet. Daar is ook 'n gedeelde swembad en gaste kan tennis speel onder die spreiligte. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 43 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Kleintjie S
Saam met lewensmaat
5.0
Surine is 'n gasvrou van uitnemendheid. Sorg vir alles en nog meer. Ons verblyf was absoluut amazing. Netheid en diens is regtig uitstekend. Die natuu...
Sien meer
Okt 2024
Jacqueline C
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlik, spesiaal en gerieflik. Ek het die verblyf bespreek vir my ouers, spesifiek vir my ma se verjaarsdag. Hulle is op die hande gedra en die gas...
Sien meer
Okt 2024
Jaco J
Gesin met tieners
5.0
Naftali het vir seker ons verwagtinge oortref. Vanaf ons aankoms het ons baie welkom laat voel. Ons is baie beïndruk met die fokus op die kleinste dek...
Sien meer
Sep 2024
Janina H
Saam met lewensmaat
5.0
'n Stukkie hemel op aarde. Ons is met hartlike Kalahari gasvryheid ontvang en Surine het vir seker gemaak dat ons alles het wat ons nodig het.
Sep 2024
Eugene H
Saam met lewensmaat
5.0
Oornag oppad Namakwa blomme toe. Heelsker een van die beste oornag plekke wat ons nog by gebly het. Die atmosfeer op die pragtige plaas is asemrowend....
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Surine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 43

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Naftali Estate, Upington, 8805, Noord-Kaap
  • Gaste dink Naftali Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R940
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R940
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naftali Estate, Upington, 8805, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA723f02c95c6397431a204fa5a4cd4e318de818c9917753bf48a8c670e6b0b35b0b6acd5e0e75b769fbddd302940c3c46e6cd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R940 per nag (plek vir 2) 43 5 1 5 Naftali Estate Upington 8805 Noord-Kaap 021 201 8901 12:00-20:00 10:00 -28.6100799 21.115814925339

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang