Nagenoeg

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nagenoeg bied heerlike, ontspanne Karoo-verblyf vir 'n groep of gesin van 6 in Nieu-Bethesda.

Die huis is vir selfsorg toegerus en het 3 slaapkamers wat 'n badkamer met 'n bad deel. 2 kamers het dubbelbeddens en die derde het 2 enkelbeddens. Daar is ook elektriese komberse vir die wintermaande.

Die kombuis het 'n yskas, mikrogolf, stoof met oond en etenstafel. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Gaste kan heerlik in die sitkamer ontspan met sy TV en lekker gesellige kaggel vir koue winteraande.

Daar is braaigeriewe buite, asook 'n lekker groot tuin waar kinders kan baljaar. Die perseel is egter nie omhein vir troeteldiere nie.

Nagenoeg is lekker sentraal geleë, net 'n paar treë vanaf Die Waenhuis, die baie gewilde venue vir troues en onthale. Gaste kan hier voetslaan, bergfiets ry en swem in die rivier, of die Kitching Fossil Exploration-sentrum, Kunssentrum of Uilhuis besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Nagenoeg sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nagenoeg gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 100 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za