Namgate Gastehuis en Slaghuis

Gastehuis

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 85 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Monique P
1 nag
5.0
Nov 2025

Hartlik en huislik, gasvrye oase. Ons gasvrou was nederig en ongelooflik aangenaam om mee te werk. By ons aankoms is ons verwelkom met ’n paar druppels reën – iets waarna Namibië so verlang! Ons kamer was perfek en netjies, met ’n verwelkomende spekboomtakkie op die handdoeke – ’n pragtige gebaar wat my ma en tannie sommer dadelik tuis laat voel het. Ons het die aandete- en ontbyt-pakkies bespreek, en was werklik verstom – die kos was uitmuntend! Komplimente aan die sjef. As jy betyds daar aankom, maak seker jy vang die sonsondergang – dit is asemrowend mooi. Namgate is beslis die moeite werd, of jy nou by Ariamsvlei Namibië binnekom of terugry na Suid-Afrika – dis die perfekte plek om te rus en herlaai. Die bed was ongelooflik gemaklik, die kos heerlik, en die sonsondergang sereen.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Braham C
1 nag Saam met vriende
5.0
Okt 2025

Sal so gou moontlik weer daar oorbly. Baie vriendelik ontvang. Baie skoon en netjies. Heerlikste aandete gekry asook piekniekpakkies vir die volgende dag. Genoeg ys en verversings om enige reisiger na 'n warm dag op die pad se hart bly te maak. Ordentlike koffie stasie. Dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2025

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nicolaas W
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2025

Baie lekker ruim chalet, goed toegerus en kos was uitstekend. Oulike plek, ruim en gesellige oornagverblyf. Netjies en skoon, behalwe die yskas wat baie raas.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anneke L
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2025

Uitstekend. Die verblyf was regtig baie gerieflik en ons het ook die aandete bestel, dit was baie goeie waarde vir geld en sal beslis aanbeveel word. Die ontbyt pakkies was nie vir my die moeite werd nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Calla R
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jul 2025

Goeie waarde vir Geld, vriendelike diens - werklik n lekker plek. Dit was baie lekker gewees. Ek sal definitief weer daar kom bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Coenie C
Kort verblyf
5.0
Jul 2025

Uiters aangenaam. Lekker oorgeslaap en daar is aan ons verwagtinge voldoen.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Suanne B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2025

Heerlik, heerlik, heerlik! Baie welkome ontvangs, personeel almal so vriendelik. Heerlike beddegoed en aandete uit boonste rakke! Voel soos huis, sal vir seker weer hier bly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Louise J
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2025

Uitstekend, gasvry, beste aandete ooit! Top padstal. Uitstekende waarde vir geld. Ons het heerlik in selfsorg gebly, maar steeds die opsie van aandete uitgeoefen: dit wen enige uiteet in die Kaap! Ons kon al ons vleisaankope vir SA by hul padstal doen. Baie dankie vir jul gasvryheid.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andries B
1 nag Saam met vriende
5.0
Mei 2025

'n Nuwe ontdekking vir lekker verblyf tussen Kaap en Windhoek. Uitsonderlik goed toegeruste familiekamer en baie netjies. Aandete tipies boerekos en uit die boonste rakke! Dankie aan die van der Merwes!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Wilmari Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 85

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
R 880
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 880
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 880
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 31 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: B1, Grunau, Karas
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA37706fd3326594ad001b00cad90deb9eb729f72b82df43f725912c6fff155cd46bf96658d7d9b88a361940e20380fa2bf830?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R880 per nag, vir 2 mense 85 5 1 5 B1 Grunau Karas 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -27.759917 18.344217
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang