Natspat Unit 2

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Natspat is in 'n veilige kompleks geleë en bied uitsigte oor die Manaba-strand en is stapafstand van die Margate- en Uvongo-strand af. Hierdie eenheid is onlangs opgeknap en het 'n lieflike stoep met 'n ingeboude braai, tafel en stoele. Hier kan jy rustig sit terwyl jy kyk hoe walvisse en dolfyne verby swem.

Hierdie selfsorg-eenheid het 2 slaapkamers, en kan 4 tot 6 mense akkommodeer. Die hoofslaapkamer se skuifdeur lei na die stoep, en dit het 'n dubbelbed met 'n en suite-badkamer (stort en toilet). Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer. Die tweede badkamer het 'n bad en toilet. Linne word voorsien, maar bring jou eie handdoeke, strandhanddoeke en vadoeke.

Daar is ook 'n TV met 'n DStv-koppelpunt (gaste moet asb. hul eie dekodeerder en slimkaart bring), 'n oopplan-kombuis wat ten volle toegerus is, 'n eetarea en 'n sitarea wat op die stoep oopmaak.

Die eenheid het 2 onderdakparkeerplekke en daar is 'n swembad in die kompleks.

Slaapplek

'n Bespreking by Natspat Unit 2 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Natspat Unit 2 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]