Nature-on-Sea Beach House Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nature-on-Sea Beach House Apartment is in 'n gewilde privaat kompleks langs Outeniquastrand, 'n kusjuweel, naby Grootbrakrivier geleë. 'n 40 m houtpaadjie lei direk vanaf die huis na die strand.

Dié woonstel is deel van 'n groter huis. Die boonste verdieping word slegs deur die eienaars gebruik en slegs die onderste verdiepings word aan vakansiegangers uitverhuur.

Die woonstel het slaapplek vir 9 gaste. Die verdieping met die sitkamer het slaapplek vir 5 gaste en het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuisie en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede kamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Al die kamers het kaste. Die eerste badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad. 'n Buitetrap lei af na die onderste verdieping. Daar is 'n kamer wat perfek is vir tieners met 2 enkelbeddens en 'n stapelbed. Hierdie area (apart van die boonste woonstel) het sy eie toilet en buitestort.

Die kombuisie is met 'n tweeplaat-induksiestoof, oondjie, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n wasgoedarea met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitarea het gemaklike banke, 'n platskerm-TV met DStv-kanale en 'n binnebraai (slegs houtskool).

Die leefarea lei na 'n houtdek met 'n piekniektafel en 'n panoramiese-uitsig oor die see en Mosselbaai.

Daar is parkeerplek vir 2 kleiner voertuie beskikbaar of 'n motor of bakkie met 'n sleepwaentjie. Daar is geen ander parkeerplek beskikbaar in die kompleks nie. 'n Trap lei na die onderste verdieping.

Slaapplek

'n Bespreking by Nature-on-Sea Beach House Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Elektriese kombers
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nature-on-Sea Beach House Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 350 per nag (vir 9 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za