Nauticus 2
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Halfordweg 43, Nauticus 2, Musgrave, 4001, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 050 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Nauticus 2 is 'n smaakvol versierde woonstel tussen die bome in Musgrave, KwaZulu-Natal en dis naby die botaniese tuine waar 'n verskeidenheid geleenthede en aktiwiteite plaasvind.
Die dubbelverdiepingwoonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die leefarea het lugversorging en 'n aparte kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel in die middel. 'n Wasmasjien en skottelgoedwasser is beskikbaar. Die kombuis lei na 'n oopplan-eetarea met 'n etenstafel met sitplek vir 6 en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV teen die muur.
Die leefarea lei na 'n houtdek met 'n etenstafel en 'n Weber. Dis die ideale plek vir gaste om hul oggendkoffie of skemerkelkie onder die palmbome te geniet. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis. Die eenheid is naby Musgrave Center met winkels, boetiekwinkels, teaters en restaurante.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 651
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Halfordweg 43, Nauticus 2, Musgrave, 4001, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Musgrave Berea Durban KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Halfordweg 43, Nauticus 2, Musgrave, 4001, KwaZulu-Natal