Stormsrivier Akkommodasie by Net Hier | LekkeSlaap
+21

Net Hier

Op die Nippertjie-aanbod 15% af

Kry 15% af op alle besprekings wat 4 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Net Hier No. 7, Eersterivierstrand, 6303, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Net Hier is in Eersterivierstrand geleë, 'n privaat strandoord op die Tuinroete in die Oos-Kaap. Dié klein kusdorpie is 95 km oos van Plettenbergbaai, 78 km wes van Jeffreysbaai en 18 km vanaf die naaste dorp, Kareedouw.

Die volledig toegeruste en ruim woonstel bestaan uit 3 slaapkamers en bied slaapplek vir 6 mense. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die gesinslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed wat 2 slaapplek vir kinders bied. Die eenheid deel 'n volledige badkamer wat met 'n bad en 'n stort ingerig is en daar is 'n aparte gaste-toilet.

Die kombuis is ten volle toegerus met selfsorg-benodigdhede. Die kombuis is oopplan na die sitkamer, en daar is gemaklike rusbanke in die sitkamer,

Die woonstel is op een van die beste plekke geleë - 20 m vanaf die strand, bo die befaamde Perdegat.

Behalwe vir swem, visvang, snorkelduik en sonbaai is daar verskeie doendinge in die omgewing vir die avontuurlustiges. Die Fynbos Gholfklub is 3 km weg en spog met 'n uitdagende 9 putjie-gholfbaan, 'n binnenshuise swembad, spa en tennisbaan. Segway-toere, boomtoptoere, binnebandry en perdry is maar net 'n paar van die doendinge in die omgewing. Die omgewing is ook baie gewild onder bergfietsryers.

Eersterivierstrand spog met sy eie voetslaanroetes met verskeie voël- en wildspesies. Dolfyne en walvisse is ook gereelde strandbesoekers tydens hoogseisoen.

Slaapplek

’n Bespreking by Net Hier sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 38 resensies vir Net Hier
Netheid
4.7/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Net Hier No. 7, Eersterivierstrand, 6303, Oos-Kaap
  • Gaste dink Net Hier het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Net Hier No. 7, Eersterivierstrand, 6303, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGU2YzBlNjM3LWZkZWYtNGJkZC04Yjc3LTBjNzQ5OTgxZDc3Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 6) 38 5 1 5 Net Hier No. 7 Eersterivierstrand 6303 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.070293542251 24.214618206024
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za