Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Newburg Lodge & Luxury Bush Tents

  • Kapasiteit: 44 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 9 Elandsfontein-plaas, Cyferfontein-weg KR4, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Newburg Lodge & Luxury Bush Tents is in 'n vallei op die Newburg-plaas wat aan die Elements Privaat Gholfreservaat in die Waterbergstreek grens. Die naaste dorp is Bela-Bela wat 29 km ver is en die lodge is net 'n uur en 'n half se ry vanaf Pretoria. Die Newburg-plaas is 'n wildsplaas en het 'n verskeidenheid diere soos buffels, gemsbokke, koedoes, waterbokke, vlakvarke, njalas, wildebeeste en kameelperde. Dis ook 'n voëlkykersparadys. Die Newburg Lodge and Luxury Tents is net deur die Elements Privaat Gholfreservaat en 'n afstandbeheerde hek bereikbaar.

Selfsorgverblyf word in 5 luukse bostente, 2 wittebroodsuite-tente en 'n lodge met slaapplek vir 16 gaste aangebied.

Elke luukse bostent bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 kamers met 'n seilskeiding. Die eerste kamer het 'n koninggrootte-bed, 'n plafonwaaier, lugversorging, 'n sitarea en 'n dubbelwasbak-eenheid en dit lei na 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n buitestort. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en 'n kombuisie wat met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasstoof, eetgerei en breekware toegerus is. Elke tent het 'n TV met DStv en lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en 'n ingeboude braai. Die wittebroodsuite-tente het elk 'n houtvuurwarmbad en 'n vuurput.

Al 7 tente kan saam vir 'n groep van 28 gaste bespreek word. Gaste het dan gebruik van 'n toegeruste kombuis, eetarea, ingeboude braai en 'n swembad.

Die grasdak-lodge bied slaapplek aan 16 gaste en beskik oor 4 en suite-chalets en 'n hooflodge-area. Elke chalet bied slaapplek aan 4 gaste en het 4 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n losstaande bad, dubbelwasbak-eenheid, 'n toegeboude toilet en 'n buitestort. Die hooflodge-area het 'n toegeruste kombuis, 'n groot eetarea en 'n sitarea met 'n TV met sekere DStv-kanale. Buite is 'n groot onderdakdek met 'n etenstafel en 'n plonspoel vir die lodge se gaste. Daar is ook 'n groot boma met sitplek, ingeboude braaigeriewe en 'n vuurput vanwaar gaste die sterre kan aanskou. Parkeerplek is onder skadunet beskikbaar.

Al die tente en die lodge word daagliks skoongemaak.

Newburg Lodge, Honeymoon Suite Tents en Luxury Tents is sowat 200 m vanaf die privaat toegangshek tot die Elements Privaat Gholfreservaat en gaste kan van die geriewe by Elements gebruik maak indien hulle by Newburg bly. Dit sluit betaalde gholf, 'n swembad, tennisbane, bergfietsroetes en 'n restaurant in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 12 resensies vir Newburg Lodge & Luxury Bush Tents
Netheid
4.3/5
Diens
4.3/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Danie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Jaar gelys 2

Ligging

  • Deel 9 Elandsfontein-plaas, Cyferfontein-weg KR4, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Newburg Lodge & Luxury Bush Tents het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 44 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 9 Elandsfontein-plaas, Cyferfontein-weg KR4, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcaa0a0b92d7523d04eccc491db59504f0c0a83bba7c5bf0b5ea331f0d65a4553a21cf0f383706fa4d91b57ff8735bb8afa88?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 12 5 1 5 Portion 9 Elandsfontein Farm Cyferfontein Road KR4, 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -24.799769 28.130439
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem