Nkomazi Game Reserve
Beskrywing
Nkomazi Game Reserve lê aan die oewer van die Komatirivier en is ideaal vir gaste wat op soek is na rustigheid, vrylopende wild en die skoonheid van die Afrika-bos. Daar is 10 luukse tente by die Komati Tented Camp wat ontwerp en geposisioneer is om pragtig in te pas by die landskap. Al die tente word verbind deur paadjies deur die bos en is luuks gemeubileer om 'n "Out of Africa"-gevoel te skep.
Elke ruim tent-suite het 'n koninggrootte-bed, en suite-badkamer met 'n binne- en buite stort, 'n Victoriaanse bad, privaat kroegie, elektriese kluis, telefoon vir internasionale oproepe, en koffie- en teemaakgeriewe. Elke suite het ook 'n groot kiaat-dek en 'n privaat swembadjie.
Nkomazi Game Reserve bied 'n kaleidoskoop van Afrika-wild wat 'n goeie ekologiese balans bied op luisterryke grasveld, langs breë riviervalleie in die skadu van die ontsagwekkende berge. Dié reservaat bied ook unieke safari-aktiwiteite wat by gaste se behoeftes aangepas kan word. Gaan ry bergfiets saam met 'n gids, kyk vir die sterre deur ons tegnologies gevorderde teleskoop, of ontspan net 'n bietjie by die spa.
Kenmerke
- Braaiplek
- Konferensiegeriewe
Geriewe
- Braaiplek
- Konferensiegeriewe
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Nkomazi Game Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |