LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Nkonkoni Fishing Camp | LekkeSlaap
+96

Nkonkoni Fishing Camp

  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pongola Wildresservaat, Jozini-dam, Mkuze, 3969, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R760 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Nikonkoni Fishing Camp is in die Pongola Wildreservaat in die pragtige Pongolapoort geleë. Die kampe is in die voëlpark naby die suidelike oewers van die Pongolapoort Jozini-dam geleë, en kyk uit oor die westelike platorand van die majestueuse Lebomboberge en die uitgestrekte grasvlaktes in die noorde van Zululand.

Verblyf word aangebied in selfsorg-chalets en safaritente. Elke chalet bied slaapplek vir 4 gaste en het lugversorging, 'n yskas-vrieskas, mini-oond en stoof, eetgerei en breekware, linne en badhanddoeke. Elke chalet het 'n privaat buitestort, 'n badkamer met 'n Victoriaanse bad of spa-bad, 'n aparte toilet, en 'n privaat boma met braaigeriewe. Ander geriewe sluit in die gebruik van 'n sentrale boma met DStv, 'n vuurput en addisionele kookgeriewe, asook 'n gemeenskaplike plonspoel.

Elke safaritent bied slaapplek vir 7 gaste en is ingerig met waaiers, 'n yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, linne en badhanddoeke. Elke tent het sy eie badkamer met 'n buitestort en toilet, 'n privaat boma met 'n tweelplaatgasstoof en braaigeriewe. Daar is ook 'n sentrale boma met DStv, 'n uitkykdek, vuurput en addisionele kookgeriewe, asook 'n gemeenskaplike plonspoel.

Die Ponglapoort Jozini-dam is die tuiste van seekoeie en krokodille. Olifante, buffels, en verskeie wildspesies kom ook in die omgewing voor. Die dam strek oor ongeveer 16 000 hektaar, met 'n rivier van ongeveer 5 km lank. Die Pongolapoortdam is die enigste dam in Suid-Afrika waar tiervis voorkom, en Nkonkoni ondersteun die vang-en-vrylaat-metode. Visvang vind plaas vanaf bote, aangesien wilde diere op die oewer voorkom. Tiervis kan regdeur die jaar gevang word, hoewel warmer maande beter is vir visvang. Die jaarliks Tiger Fish Bonanza word in September op die Pongolapoortdam gehou en lok hengelaars van regoor die land.

Nkonkoni het 2 skuilplekke vanwaar wilde diere se doen en late by die water dopgehou kan word. Die omgewing is ook enige voëlkyker se droom met meer as 400 voëlspesies wat hier voorkom, insluitend skaarser spesies soos die janfrederik, pinkbek-pelikaan en visvalk.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 18 resensies vir Nkonkoni Fishing Camp
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Pongola Wildresservaat, Jozini-dam, Mkuze, 3969, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Nkonkoni Fishing Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R760
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R760
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 42 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pongola Wildresservaat, Jozini-dam, Mkuze, 3969, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQxMzU0NWJkLWNkOTAtNDVlOS1iM2UyLWZjZDI3MTJiYTQxYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R760  per nag (vir 2 persone) 18 5 1 5 Pongola Game Reserve Jozini Dam 3969 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -27.539003407276 31.98094367981
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!