LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Nukakamma River Lodge | LekkeSlaap
+70

Nukakamma River Lodge

1 resensie
Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aquavista-singel 15, Colchester, 6175, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Nukakamma River Lodge is aan die oewer van die Sundaysrivier in Colchester, langs die Groter Addo-roete geleë. Dié area bied skilderagtige natuurskoon, en die vloeiende water van die Sundaysriver en die wit sandduine skep die perfekte prentjie vir ’n wonderlike ervaring.

Die lodge het 4 en suite- en ontbytkamers asook 2 selfsorgkothuise. Elke kamer het ’n badkamer met ’n stort. Die 2 selfsorgkothuise is smaakvol met handgemaakte houtmeubels versier. Elke kothuis het ’n koningingrootte-bed, ’n kombuis, sit- en eetarea. Die sentrale eet- en sitareas is in die hoofhuis geleë en is ingerig met pragtige meubels en Afrika-kurio's. Geniet ’n heerlike ontbyt en bewonder die uitsig oor die Sundayrivier vanaf die dek. Ontbyt word aan alle gaste wat in die gastehuis bly, bedien, en is beskikbaar teen ’n ekstra koste vir gaste wat in die kothuise bly. Gratis internet word voorsien.

Die gastehuis bied ’n kuriowinkel op die perseel, en ’n aparte waskamer waar gaste toegang tot ’n wasmasjien en strykgeriewe teen ’n ekstra koste het. Aaron, die gasheer, is ’n uitstekende kok en bied tradisionele Suid-Afrikaanse aandetes aan gaste op versoek teen ekstra koste. Gaste kan navrae doen oor die daaglikse spyskaart en enige spesiale versoeke. Die gastehuis is sowat 4 km vanaf Mathyolweni-hek, die suidelike ingang na Addo Olifantpark.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Nukakamma River Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Aquavista-singel 15, Colchester, 6175, Oos-Kaap
  • Gaste dink Nukakamma River Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aquavista-singel 15, Colchester, 6175, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhhNDIxMjk5LWY4NTAtNDlmZS05N2ZhLTFjZTI5NDE2YjQ5OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 15 Aquavista Crescent Colchester 6175 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.710121771752 25.797466993463
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!