Nullarbor Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nullarbor Cottages is op 'n privaat plaas, slegs 4 km van die dorp Magaliesburg af. Dit is die ideale plek vir 'n romantiese wegbreek.

Selfsorgverblyf word aangebied in 10 pragtige, luukse hout- of baksteenkothuise met manjifieke uitsigte, goed versorgde tuine en 3 swembaddens. Die kothuise is ontwerp vir 2 volwassenes wat deel en om 'n rustige en romantiese atmosfeer te verseker word kinders nie toegelaat nie.

Troeteldiere word in 4 kothuise wat heeltemal omhein is toegelaat indien dit vooraf gereël word en teen ’n ekstra nominale fooi: 4 Hornbill Lodge, 7 Pula, 8 Mali en 10 So HobGoblin. Dié reël is streng en troeteldiere sal nie in kothuise wat nie omhein is nie toegelaat word nie. Nullarbor Cottages het ’n streng troeteldierbeleid wat gevolg moet word.

Elke kothuis het of 'n koningingrootte-bed of 'n koninggrootte-bed, sy eie badkamer, 'n groot platskerm-TV met DStv (kommersiële pakket) en 'n volledig toegeruste kombuis met 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas en al die nodige toebehore vir selfsorg-doeleindes. Waaiers word in die somer voorsien en daar is nie lugversorging nie. Buite is daar 'n grasdak-lapa langs elke eenheid, 'n patio, privaat braaigeriewe en onderdakparkeerplek.

Al die kothuise het oop kaggels vir knus winteraande met elektriese komberse op die beddens om gaste warm te hou. Waaiers word voorsien vir lafenis in die somermaande. 4 luukse kothuise het Jacuzzi-spa-hoekbaddens, 4 het hoekbaddens, 2 het storte en 1 het 'n Victoriaanse pootjiesbad en stort. 6 kothuise het pragtige buite-storte. Gaste kan langs een van die 3 swembaddens ontspan met 'n skemerkelkie in die hand, elk met hul eie grasdak-lapa.

Nullarbor Cottages is na aan die Wieg van die Mensdom en Nullarbor is die ideale basis vanwaar jy die omgewing kan verken. Daar is ook 'n klein riviertjie op die grens wat sorg vir ontspanne wandelinge en volop voëllewe. Ontsnap die besige stad en kom Magaliesburg toe. Dit is ook net 80 km vanaf Pretoria, Soweto en Johannesburg.

Die toegangspad van die R24 af is 'n grondpad van 1,2 km en dis geskik vir die meeste voertuie. 'n 4x4 is nie nodig nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nullarbor Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za