Oasis Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oasis Retreat is 'n selfsorgwoonstel en het slaapplek vir 4 gaste in 'n kompleks is Krugersdorp.

Dié woonstel is op die eerste verdieping geleë en beskik oor 2 slaapkamers en deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis het 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Maaltye kan by die ontbyttoonbank geniet word. Gaste kan ontspan in die sitkamer en het toegang tot WiFi.

Daar is parkeerplek beskikbaar vir 2 voertuie agter 'n elektroniese hek. Een parkeerplek is onderdak en die ander parkeerplek is oop. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie. Let asb. daarop dat die kompleks streng reëls het aangaande raas.

Oasis Retreat is 50 m vanaf 'n klein winkel, 1,4 km vanaf die Key West winkelsentrum en 6 km vanaf Silver Star Casino. Krugersdorp het verskeie doendinge soos verfbal, staproetes, brugswaai, reksprong en verskeie besienswaardighede soos die Krugersdorp Wildreservaat, die Suid-Afrikaanse Nasionale Roofvoëlsentrum en vele meer.

Slaapplek

'n Bespreking by Oasis Retreat sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oasis Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 199 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za