Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ocean Breeze

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5de Laan 4, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Ocean Breeze is 'n selfsorgvakansiewoonstel in 'n doodloopstraat in die hartjie van Melkbosstrand, Kaapstad. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n kuswegbreek saam met gesin aangesien hierdie eiendom net 500 m van die strand af is.

Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die helder en lugtige oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV.

Deur die skuifdeur is 'n oulike balkon met 'n tafel en stoele en is 'n wonderlike plek vir 'n oggendkoffie. Hierdie woonstel het 'n privaat ingang op die eienaar se perseel en gaste word veilige parkeerplek op die perseel aangebied.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Veilige Parkering

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.0
Veiligheid
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Delia Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 29

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 5de Laan 4, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ocean Breeze het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5de Laan 4, Melkbosstrand, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa5b05b75e1c068c355a8224ccaa661c04045fdcc3401898c34b0d9e0587a38e9b50898355aff9448911cc568e6ac133d7ca4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4) 1 5 1 4 4 5th Avenue Melkbosstrand 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.7313466 18.4410737

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang