6 gaste
3 slaapkamers
3 beds
4 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - 436 Kuiseb Street, Langstrand, Erongo Sien kaart
Beskrywing
Oceana View bied ongerepte see-uitsigte, asemrowende sonsondergange en is op Langstrand geleë. Hierdie strandhuis is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende en is binne maklike bereik van talle doendinge en besienswaardighede.
Hierdie onberispelike eenheid het 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak, 'n TV met DStv-kanale en 'n pragtige see-uitsig. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en 'n see-uitsig. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak, en het ook 'n see-uitsig. Linne en handdoeke word voorsien.
Die sitkamer op die boonste verdieping het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Die ruim oopplan-kombuis en -eetkamer met 'n binnebraai, 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met 'n DStv Explora-pakket is op die grondverdieping. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien, 'n tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser.
Die buite-area bied 'n pragtige dek wat na 'n grasperk en na die strand lei.
Daar is ook 'n dubbeldeurmotorhuis met elektroniese toegang tot die eenheid sowel as 'n alarmstelsel.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Florene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 7
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- 436 Kuiseb Street, Langstrand, Erongo
- Gaste dink Oceana View het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
436 Kuiseb Street, Langstrand, Erongo
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang