Old Coach Road Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Old Coach Road Guest House is op 'n perseel van 5 hektaar geleë, 9 km buite Barberton op die R38 Kaapmuiden Pad. Die gastehuis word omring deur inheemse plantegroei en die nalatenskap van die dae van Barberton se goudstormloop. Ons is ideaal geleë om die omliggende areas van Swaziland en die Krugerwildtuin te verken.

Verblyf word aangebied in 5 gastekamers en 1 gesinseenheid met 2 slaapkamers. Elke gastekamer is toegerus met koffie- en teemaakgeriewe, 'n elektriese kombers en 'n en suite-badkamer. Die gesinseenheid beskik oor 'n sitarea, kombuisie, 2 slaapkamers (1 dubbelbedkamer en 1 2-enkelbedkamer), en 'n badkamer met 'n stort en toilet. 'n Heerlike ontbyt word daagliks bedien. Aandete is beskikbaar op versoek. Toegang vir rolstoelgebruikers is beskikbaar by die gastehuis.

Indien jy 'n aandete wil bespreek, laat weet ons wanneer jy jou bespreking bevestig van enige dieetvereistes, bv. vegetaries, allergieë ens.

Belangrike inligting: Die gastehuis is in 'n bewarea geleë en die hekke sluit 19:00. Laat inklok word tot 21:00 toegelaat. Gaste word nie later as 21:00 binnegelaat nie. Sodra gaste inklok kry hulle hekpasse wat enige tyd van die dag toegang bied (hou dit asb. ingedagte wanneer jy langafstand na Old Coach Road reis).

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Old Coach Road Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za