Old Mill Guest House
Beskrywing
Old Mill Guest House is 'n B&B in Durban-Noord. Dié gastehuis is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike oornagverblyf naby verskeie besienswaardighede.
Old Mill Guest House beskik oor 7 kamers wat elkeen uniek en smaakvol ingerig is. Elke kamer het 'n dubbelbed, 'n koningingrootte-bed of 2 enkelbeddens met 'n en suite-badkamer. Elke kamer het ook gratis WiFi, lugversorging, 'n TV met DStv, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe.
'n Smullekker ontbyt word soggens in die eetkamer bedien en 'n heerlike aandete kan teen ekstra kostes gereël word. Die gastehuis het ook braaigeriewe, 'n swembad en 'n volledige gelisensieerde kroeg. 'n Skoonmaakdiens en pendeldiens is op versoek beskikbaar.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Old Mill Guest House is 10 tot 15 minute se ry vanaf die strand, gholfbane, die Japannese Tuine, winkels en restaurante. Vir sportliefhebbers is die Moses Mabhida-stadion, Kingspark-swembad en die Sahara-krieketstadion ook net 10 tot 15 minute se ry vanaf die gastehuis.
Kenmerke
- Swembad
- Braaiplek
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Old Mill Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |