Oleander Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oleander Guest House is 'n asemrowende Edwardiaanse huis wat meer as 'n eeu oud is. Dit is sentraal in die geskiedkundige voorstad Belgravia in Kimberley geleë. Die huis het 'n pragtige tuin met ons kenmerkende selonsroos, die oudste een in Suid-Afrika, wat trots in die voortuin staan. Kom en ervaar die vriendelike, rustige en ontspanne atmosfeer van hierdie merkwaardige gastehuis.

Oleander bied 10 luukse en suite-slaapkamers wat elk grasieus versier is met 'n Frans-koloniale tema. Elkeen van ons kamers beskik oor 'n platskerm-TV met DStv-kanale, 'n gerieflike lessenaar, luukse linne, 'n verskeidenheid tee en koffie, japonne, pantoffels en 'n eerlikheidskroegie propvol voorraad. Sekere van ons "executive"-kamers het 'n privaat sitarea waar jy lekker kan ontspan.

Oleander het bekend geword vir die restaurant op die perseel, "Top-Notch", waar ons 'n verskeidenheid seisoenale, tradisionele Noord-Kaap-disse voorsit. Gaste kan ook 'n skemerkelkie op die dek langs die groot swembad geniet en kyk hoe honderde swaeltjies en byevangers in die hemelruim van Kimberley swiep en dartel.

Ons voorsien gratis WiFi, veilige parkeerplek en 'n nagwag wat die perseel patrolleer vir ekstra sekuriteit. Die perseel het toegangsbeheer en ons sekuriteitsmaatreëls sluit veilige, omheinde parkeerplek, 'n elektriese heining, alarm, sekuriteit-strale en geslotekringtelevisie in.

Oleander het nou 'n splinternuwe restaurant op die perseel. Laurier Blanc (Frans vir wit oleander) het in Junie 2017 sy deure geopen. Die restaurant is stylvol versier met 'n tikkie Franse flair. Gaste wat hier kom aansit, betree die lokaal via 'n gang met 'n wynversameling. Die sonderlinge interieur sluit kandelare, lang gedrapeerde gordyne en tafels wat pragtig gedek is, in.

Die restaurant vloei na 'n tipiese Franse stoep met 'n wingerd-pergola en 2 tradisionele sierfonteintjies. Dit skep 'n heerlike atmosfeer terwyl gaste die fynproewersdisse en gehaltewyn geniet.

Heerlike middag- en aandetes word bedien. In die somer is dit lekker koel en rustig, en in die winter is daar 'n houtstofie wat dit warm en gesellig maak.

Gaste kan lekker op die terras sit gedurende die somermaande, of op die houtdek wat oor die 12 meter lange swembad en pragtige tuine uitkyk. Gedurende die wintermaande kan jy lekker voor slapenstyd opkrul in die gemak van die glanskool-verhitte sitkamer met 'n stomende koppie warm sjokolade of cappuccino of selfs 'n nagsopie in die hand.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Skuifie-projektor
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oleander Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 655 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false