LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Ons Sink Huisie @ Leeupoort | LekkeSlaap
+94

Ons Sink Huisie @ Leeupoort

1 resensie
Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cosmos Paaidjie, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Ons Sink Huisie @ Leeupoort is 'n gastehuis wat selfsorgverblyf in die Leeupoort Vakansiedorp bied en is ideaal vir gaste wat hou van wildkyk en die bosveld. Die Leeupoort Vakansiedorp is op die R516 net 50 km van Thabazimbi, 72 km van Bela-Bela, 90 km van Brits en 172 van Pretoria af.

Die gastehuis bied slaapplek aan 8 gaste in 4 gastekamers wat elk sy eie privaat badkamer het. Die eerste 2 slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet hul eie badhanddoeke saambring.

Gaste deel die gemeenskaplike kombuis, eetarea en leefarea. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas, kisvrieskas en 'n skottelgoedwasser toegerus. Bring asb. jou eie vadoeke, vuurhoutjies en skottelgoedseep saam. Maaltye kan by die etenstafel geniet word. Daar is 'n TV met OpenView-kanale en 'n klankstelsel in die sitarea en die huis het waaiers en 'n buitebraai-area/vuurput en stoep. Daar is 'n plonspoel op die perseel en gebruik daarvan is op eie risiko.

Die Leeupoort Vakansiedorp het 'n restaurant, winkel, drankwinkel en 3 swembaddens. Daar is ook verskeie uitkykpunte op die Waterberg, 4x4-, voetslaan- en fietsroetes, asook piekniek- en swemplekke. Gaste het toegang tot die reservaat wat die tuiste van sowat 50 soogdierspesies, 170 voëlspesies en 114 boomsoorte is. 'n Verskeidenheid wild waaronder vlakvarke, sebras, kameelperde, koedoes en blouwildebeeste kan gewaar word. Die diere wandel vrylik in die strate rond en wei tussen die huise.

Slaapplek

’n Bespreking by Ons Sink Huisie @ Leeupoort sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 1 resensie vir Ons Sink Huisie @ Leeupoort
Netheid
5.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Cosmos Paaidjie, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
  • Gaste dink Ons Sink Huisie @ Leeupoort het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (plek vir 8)
Vanaf R700
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cosmos Paaidjie, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4377237df82a8726e0b7a9c8054c5ecea2bea8da9cf020d5315be87492812d469c5ea8ab460dd950eb89ddddcb71960c02e4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (plek vir 8) 1 5 1 5 Cosmos Paaidjie Leeupoort Vakansie Dorp 0486 Limpopo 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -24.921572058949 27.643871809276
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!