+84
Gastehuis in Leeupoort Vakansiedorp

Ons Sink Huisie @ Leeupoort

8 gaste

4 slaapkamers

6 beds

4 badkamers

  • 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Cosmos Paaidjie, Leeupoort Vakansie Dorp, 0486, Limpopo Sien kaart

Beskrywing

Ons Sink Huisie @ Leeupoort is 'n gastehuis wat rustieke styl selfsorgverblyf in die Leeupoort Vakansiedorp bied en is ideaal vir gaste wat hou van wildkyk en die bosveld. Die Leeupoort Vakansiedorp is op die R516 net 50 km van Thabazimbi, 72 km van Bela-Bela, 90 km van Brits en 172 van Pretoria af.

Die gastehuis bied slaapplek aan 8 gaste in 4 gastekamers wat elk sy eie privaat badkamer het. Die eerste 2 slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Beddegoed word voorsien en elke bed het 1 kombers in die winter, maar gaste moet hul eie badhanddoeke saambring.

Gaste deel die gemeenskaplike kombuis, eetarea en leefarea. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas, kisvrieskas en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die sitarea het 'n TV met OpenView-kanale en 'n klankstelsel. Daar is ook 'n buitebraai-area/vuurput, 'n stoep en 'n plonspoel.

Die Leeupoort Vakansiedorp het 'n restaurant, winkel, drankwinkel en 3 swembaddens. Daar is ook verskeie uitkykpunte op die Waterberg, 4x4-, voetslaan- en fietsroetes, asook piekniek- en swemplekke. Gaste het toegang tot die reservaat wat die tuiste van sowat 50 soogdierspesies, 170 voëlspesies en 114 boomsoorte is. 'n Verskeidenheid wild waaronder vlakvarke, sebras, kameelperde, koedoes en blouwildebeeste kan gewaar word. Die diere wandel vrylik in die strate rond en wei tussen die huise.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Restaurant op die perseel
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Johrinda N
5.0
Ons het ons vakansie baie geniet. Ons het heerlik gebly. Dit is 'n lieflike huis, hy het alles wat jy benodig om 'n lekker vakansie in die bos te hê. ...
Sien meer
Mei 2025
Karen V
4.6
Fantasties. Ons het baie lekker gebly. Ons sou net voorgestel het dat daar skuifdeure in die storte kom, want die vloere het baie nat geword en op die...
Sien meer
Des 2025
Zani V
4.6
Rustig en gemaklik in die bosveld. Die verblyf was gemaklik, met alles wat ons nodig gehad het.
Aug 2025
Flip V
4.6
Sielskos en baie ontspannend. Heerlike verblyf in die bos.
Apr 2025
Aubrey D
Saam met vriende
4.2
Heerlik. Baie lekker, ruim en baie netjies.
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Suzette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Cosmos Paaidjie, Leeupoort Vakansie Dorp, 0486, Limpopo
  • Gaste dink Ons Sink Huisie @ Leeupoort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 100
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 100
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Cosmos Paaidjie, Leeupoort Vakansie Dorp, 0486, Limpopo

Sien kaart
  • 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd17323c76a5d8a1ee821a2a1e2336ed290ff04332e824a7c7bf1ef07adda98caf6f6c318880adb7924b892f00acc3b972881?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 8) 14 5 1 5 Cosmos Paaidjie Leeupoort Vakansie Dorp 0486 Limpopo 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -24.921572058949 27.643871809276

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang