Op die See
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf tussen Vrydag en Sondag. Geldig vanaf 18 Jan 2021 tot 18 Jan 2022.
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 9 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 35, Gouritz, 6696, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 250R1 500 per nag (vir 9 persone)
Beskrywing
Op die See is 'n seefront-vakansiehuis vir 9 mense in Gouritz.
Dié huis het 4 slaapkamers wat 2 badkamers deel, asook 'n aparte woonstel met stort & toilet. Die huis se een badkamer het 'n stort en die ander een het 'n bad. Een van die kamers het 'n koninggrootte-bed. Die ander kamer het 'n dubbelbed, en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n klein, aparte kamer met 'n enkelbed, wat lei na die braaikamer. Die aparte woonstel het n dubbelbed in die slaapkamer met eie stort @ toilet. Kussings en donsduvets word voorsien. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, n tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die sitarea het 'n platskerm-TV met DStv.
'n Heerlike wind-beskutte braai- en kuiervertrek is perfek vir die winter en tydens gure weer.
Die leefarea lei na 'n stoep met 'n dak en 'n 180°-uitsig oor die see. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.
Op die See is net 50 km vanaf Mosselbaai en 90 km vanaf George Internasionale Lughawe. Die area bied verskeie doendinge en besienswaardighede. Gouritsmond is deel van die Tuinroete en is naby Gourikwa Kus Natuurreservaat. Gouritsmond het ook 'n Blouvlagstrand.
Slaapplek
’n Bespreking by Op die See sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Kusweg 35, Gouritz, 6696, Wes-Kaap
- Gaste dink Op die See het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Gouritsmond Gouritz Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 9 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kusweg 35, Gouritz, 6696, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom