Oribi 2

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oribi 2 is in Jeffreysbaai geleë en het slaapplek vir 13 gaste in 3 woonstelle of in die huis.

Gaste kan die hele huis vir 'n groep of die 3 woonstelle bespreek. Die woonstelle is Oribi 2 Blou, Oribi 2 Rooi en Oribi 2 Groen. Elk van die woonstelle het 'n privaat ingang en onderdak parkeerplek. Oribi 2 Blou en Oribi 2 Rooi het elk 2 kamers met 'n privaat badkamer, en Oribi 2 Groen is 'n oopplan-woonstel met 'n en suite-badkamer. Linne word voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Die woonstelle het elk 'n privaat kombuis wat toegerus is met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, mini-oond, 'n braaipan, en tee- en koffiemaakgeriewe. Die woonstelle het elk 'n sitkamer met 'n TV, DStv-koppelpunt (bring jou eie dekodeerder), en 'n DVD-speler. Die sitkamer lei na 'n balkon met braaigeriewe en 'n uitsig oor die see.

As 3 eenhede vir 'n groep of gesin bespreek word, sal 'n gemeenskaplike leefarea beskikbaar gestel word. Die leefarea het 'n driekwartbed, 'n kombuis met 'n wasmasjien, skottelgoedwasser, eetkamer, en 'n sitkamer met 'n TV wat lei na die balkon.

Die woonstelle word voordat gaste inklok skoongemaak. 'n Daaglikse skoonmaak kan op versoek teen 'n ekstra koste gereël word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oribi 2 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za