Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ouma se Huis

  • Kapasiteit: 9 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Opkyk, , Groblershoop, 8822, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ouma se Huis is die oorspronklike plaashuis wat sedert die 1940’s deur een van die pionierfamilies van die Boegoebergwaterskema langs die Oranjerivier by Grootdrink bewoon is.

Die huis is met sorg gerestoureer deur van die kinders wat hier groot geword het op die plaas Opkyk, om as selfsorggastehuis te dien met ‘n gerieflike, ontspanne plaasatmosfeer.

Die plaas behoort steeds aan die familie en produseer druiwe vir wyn en rosyne asook lusern en pekanneute.

Ouma se Huis is langs die N10 ongeveer 75 km van Upington en 45 km van Groblershoop en is die ideale plek vir oorslaap op die roete van die Oos Kaap, KZN of Vrystaat na die noordelike bestemmings soos Namibië, Augrabies, Kgalagadi en Namakwaland.

Hier is 4 slaapkamers, 2 met eie badkamers ( slegs storte) en 2 kamers wat ‘n vol badkamer deel. Silwerskoon wit beddegoed, sagte handdoeke, tee, koffie en tuisgebakte beskuit word verskaf.

Die gemeenskaplike sitkamer het ‘n televisie en ‘n kaggel wat al menige koue aande vir laatnag kuiers gesorg het. Hout word verskaf. Die eetkamer en kombuis is goed ingerig om etes voor te berei. In die tuin is ook ‘n braaiplek vir aangename buite kuiers met braaihout en ruim speelplek vir kinders.

Dis ‘n ongeveer 500 meter stap na die rivier waar piekniek gehou kan word, baie voëls is om te besigtig of vis te vang. Of geniet net die rustigheid van die water en omgewing.

Op ‘n warm dag bied die sement dam by die huis ‘n heerlike afkoelplek vir die wat wil swem. Of bewonder die sonsondergang in die rustigheid van die tuin op ‘n mooi aand en kyk na die sterre in die skoon, onbesoedelde hemelruim.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 20 resensies vir Ouma se Huis
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Jaar gelys 10

Ligging

  • Farm Opkyk, , Groblershoop, 8822, Noord-Kaap
  • Gaste dink Ouma se Huis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Groen Kalahari Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R650
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R650
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Opkyk, , Groblershoop, 8822, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFiYjgzZTE0LTEzYzctNGNmNy04NDhkLThmYjUwNmYxNDk0MA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag, vir 2 mense 20 5 1 5 Farm Opkyk Grootdrink 8822 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.600234977355 21.762027740479
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem