10 gaste
4 slaapkamers
8 beds
3 badkamers
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Oest se leegte, Williston, 8920, Noord-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Ouma se Plaashuis is 'n lieflike huis op 'n plaas, naby Williston en bied gerieflike selfsorgverblyf waar gaste vrylopende diere soos lammers, voëls, hane, ganse, bergskilpaaie en meerkatte kan besigtig. Dit is ideaal vir 'n groep vriende of 'n gesin wat op soek is na 'n rustige vakansieverblyf op 'n Karooplaas.
Dié ruim huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n aparte toilet. Twee van die slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die oorblywende slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Matrasse is vir 4 kinders beskikbaar. Die badkamers het 'n bad of 'n stort. Daar is 'n aparte woonstel met 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.
Die kombuis is met 'n yskassie, oond, gasstoof, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het gemaklike rusbanke. Die huis lei na 'n stoep met sitplek.
Veilige parkeerplek is beskikbaar. Die huis word van sonkrag voorsien. Daar is 'n swemdam om in af te koel en 'n braai-area.
Ouma se Plaashuis is deel van die grafsteenroete. Handgemaakte grafstene deur C de Waal kan op die plaas besigtig word.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Hanrie Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 8
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Oest se leegte, Williston, 8920, Noord-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Oest se leegte, Williston, 8920, Noord-Kaap
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang