Ouplaas Town Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ouplaas Town Guest House is in Ottosdal in Noord-Wes geleë. Hierdie sandsteenhuis, wat in 1917 gebou is, is ideaal vir gaste wat deur die dorp reis en is op die R507 tussen Hartebeesfontein en Delareyville noordwes van Klerksdorp geleë.

Gaste het 'n keuse tussen 5 unieke gastekamers met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer is pragtig versier en beskik oor 'n waaier, verwarmer en tee- en koffiemaakgeriewe.

Hierdie gastehuis is bekoorlik met 'n lieflike tuin. Die gasheer en gasvrou, Coert en Magdalena, is bekend vir hul stylvolle gasvryheid en Magdalena se liefde vir musiek, mense, binnenshuise versiering en heerlike kos verleen uitsonderlike karakter en atmosfeer aan Ouplaas.

Hoewel Ottosdal nie met die eerste oogopslag veel bied nie, is dit die enigste dorp waar wondersteen te vinde en gemyn word. Die provinsie se oudste jaarlikse landbouskou word ook hier gehou.

Kenmerke

Geriewe

  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ouplaas Town Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za