LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Owl Nest House | LekkeSlaap
+24

Owl Nest House

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v New Market- en Martinstraat, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 per nag (vir 8 persone)

Beskrywing

Owl Nest House is in die buitewyke van die kunstenaarsdorpie Nieu-Bethesda, 'n Karoo-dorpie wat deur plase, boorde en berge omring word. Die verblyf is net 300 m van die bekende Uilhuis af en bied 'n praktiese, moderne uitleg en moderne afwerkings, tog verseker die ou dennehoutvloere en -vensterrame dat die estetika van 'n klassieke Karoo-stal behou word. Die perseel, en veral die boonste braaikamer, bied pragtige uitsigte oor die landerye, boorde, die dorp se historiese NG-kerk en op die Kompasberg.

Die huis het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 4 slaapkamers en 2 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n stapelbed wat vir kinders geskik is. Daar is 'n stort en 'n bad in elk van die 2 badkamers. Let dat die 2 en suite-badkamers beteken dié huis is eintlik meer geskik 2 paartjies en 4 kinders wat deel. Handdoeke en beddegoed word voorsien. Neem asb. kennis dat die uitleg van die 2 en suite-badkamers dalk nie ideaal sal wees vir 3 verskillende paartjies of gesinne nie. Handdoeke en beddegoed word voorsien.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n stoof, oond, 2 retro yskas-vrieskaste, 'n mikrogolf, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware. Tee en koffie word voorsien. Die ontbytarea het sitplek vir 6 gaste.

Owl Nest House het 'n knus sitarea met 'n kroegtoonbank en 'n smeulstofie op die onderste verdieping en 'n aparte TV-kamer met 'n outydse TV, DVD-speler en HiFi vir die kinders bo. 'n Luukse kaggel, verskeie verwarmers en elektriese komberse sal die koue onder beheer hou.

Die huis se ontwerp verleen hom tot vakansieverblyf aangesien daar 'n tweede verdieping met 'n braai- en vermaakarea en sitplek vir 14 gaste om 'n 4 m lange geelhouttafel is. Hierdie area kan in die winter of somer gebruik word aangesien dit seilblindings het wat oop- of toegemaak kan word.

Slaapplek

’n Bespreking by Owl Nest House sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Kinderstapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKinderstapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 3 resensies vir Owl Nest House
Netheid
5.0/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • H/v New Market- en Martinstraat, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Gaste dink Owl Nest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 000
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R3 000
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v New Market- en Martinstraat, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe86e38341c96c282b5d9ab2f75852a3a2523916f1812844b443937828e4d3d18d98690c242974ea4dc81ad3f18bf64edd3d9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000  per nag (vir 8 persone) 3 5 1 5 Corner of New Market Street & Martin Street Nieu-Bethesda 6286 Oos-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -31.872196760119 24.556141250223
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!