Owlhouse Backpackers

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Owl House Backpackers is 'n stil, knus tuiste in 'n tuin in Nieu-Bethesda wat sy vorige bestaan as Boeddhiste-meditasiesentrum weerspieël. Daar is slaapplek vir 80 gaste en troeteldiere is welkom indien vooraf gereël.

Verblyf is beskikbaar in slaapsale en kampplekke in Owlhouse Backpackers se tuin. Die kamers en kampplekke deel 'n gemeenskaplike kombuis, gemeenskaplike areas en ablusieblokke.

Teug aan skemerdrankies in die tuin terwyl jy toekyk hoe die lug met sterre ophelder. Krul op langs die koolstofie en geniet die sorgvuldig uitgesoekte wyne. Bederf jouself met tuisgebakte brood en maaskaas, of braai heerlike Karoolam. En as jy nie lus voel vir kook nie, sal Ian en Katrin, die eienaars wat toevallig ook gesoute reisigers is, jou voorsien van ontbyt, 'n ingepakte middagete, en tuisgemaakte aandete met vleis en groente wat plaaslik geproduseer word, of jou verwys na die beste eetplekke op die dorp.

The Owlhouse Backpackers is omgewingsbewus en is een van die min instansies in Nieu-Bethesda wat gebruik maak van warmwatersilinders wat met sonkrag werk, kompostoilette en gryswaterherwinning. Al die rommel word sorteer en soveel as moontlik word op die terrein gekomposteer.

Hier kan jy in die dam saam met die goudvisse gaan swem, fietse huur om Nieu-Bethesda te gaan verken of in die omliggende Sneeuberge gaan stap. Gaan op 'n daguitstappie na die Bergsebra Nasionale Park, Vallei van Verlatenheid of begeleide toere na San rotskuns en fossiele. Gebruik ook gerus die internet om so nou en dan met die buitewêreld op te vang.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits
  •  Switsers

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Owlhouse Backpackers gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R290 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za