+7
Selfsorg in Karoo

Paardefontein - Rivierhuisie

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Maryna G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2025

Rustigheid. Ongelooflik lekker rustig. Baie netjies en vriendelike diens. As jy wil rus, is dit die plek om te besoek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tim M
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2025

Absolute peace and serenity. It was absolutely fantastic. If you're looking for peace and quiet, a good camp fire and billions of stars, look no further. Such beautiful isolation and a great drive in as well.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Tinus S
1 nag Saam met vriende
5.0
Sep 2025

Hier kry jy rus en vrede en als wat jy nodig het, word voorsien. Baie lekker plek, vriendelike ontvangs, hout is voorsien vir braai, veilig en as jy stilte soek, is dit die plek!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Attie B
1 nag
4.8
Feb 2026

'n Baie lekker wegbreek van alles met die lekkerste stilte. Paardefontein se Rivierhuisie is 'n baie lekker wegbreekplek, om weg te kom van internet, TV, en alles wat die lewe 'n gejaag maak. Dis baie mooi (droë Karoo mooi) daar en die huisie en werf met braaiplek is baie netjies en skoon. Ek is baie vriendelik en gasvry ontvang deur Katriena. Hout was netjies reggesit gewees vir my om te kan braai, en alles wat ek nodig gehad het was daar gewees sodat ek 'n lekker braai kon geniet op 'n stil (maar vrek warm) Karoo aand. Ek het met die toestemming van Katriena lekker op die tweespoorpaadjies op die plaas kon gaan stap en die stilte van die omgewing ingeneem. Die lugversorger in die kamer was 'n besliste wenner op 'n 38°C dag! En net daar op daai stoep sit in die oggend met jou koffie en beskuit, was sielsverrykend! Dit is wel 'n entjie se ry uit op 'n grondpad (wat vir seker nie geskik is vir gewone sedanmotors of voertuie met 'n lae grondvryhoogte of voertuie met laeprofiel bande nie), maar dit word ook baie duidelik so op die inligtingsblad vir Paardefontein aangedui. Wees net voorbereid dat daar 'n hele paar plaashekke is waar deur mens moet ry, wat almal met die hand oop en toe gemaak moet word - maar dis deel van 'n plaas en deel van die wegbreek en dra by tot die stilte en afsondering wat mens daar ervaar. Die huisie is toegerus met goeie beddegoed en alles wat mens nodig het in die kombuis. Lekker sitbanke sorg vir 'n lekker kuier atmosfeer in die leefarea, sou mens verkies om op 'n uitermate warm dag in die gerieflike koel lug van die lugversorger te kuier. Die kampvuur/braai area is baie gerieflik en sorg vir 'n lekker veld braai gevoel. Ek kan Paardefontein se Rivierhuisie met gemak aanbeveel aan iemand wat die stilte van die Karoo opsoek en wat nie internet soek nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Mari-Lu R
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2025

Rustig, salig, heerlik. Dit was 'n heerlike rustige wegbreek met alles wat ons benodig het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lofty-eaton C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Jun 2025

Mooi uitsigte. Stil en rustige omgewing. Dis fantasties. Sal weer gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Elmarie B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Heerlike plaasverblyf rus vir jou siel. Paardefontein is regtig hoogs aan te beveel weg van enige selfoonopvangs en net die natuur te geniet. Dit is 'n baie netjiese plaas en die rivierhuisie kom niks kort nie. Sal ook aanbeveel om te ondersteun met die roosterkoeke wat sy maak. Dit is heerlik en sy staan niks terug vir Tannie Poppie in Laingsburg nie. Dalk net so lekker of selfs beter.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Christa
Paardefontein - Rivierhuisie
So bly julle het die kuier genoeg geniet. Hoop julle kon genoeg voëls in die omgewing dokumenteer. Ja, Ronel se roosterkoeke is definitief die beste.

Colin B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Apr 2024

A thoroughly peaceful and enjoyable weekend. The hosts were very friendly and accommodating. There was, however, a problem with flies.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Christa
Paardefontein - Rivierhuisie
We will attend to the flies. However, there were more flies than usual due to the humidity and the rain that followed. That's living on a farm for you!

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Christa Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 10

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Farm Paarde Fontein Portion 1, Merweville, 6940, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 2 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa77c4cf87767e44435f53436a16a3091024cea919115b593eacfbdee3d954f15deae69afd211a9f42c30d6d6b7b89532c8cd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 Farm Paarde Fontein Portion 1 Merweville 6940 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -32.677973215176 21.665610104709
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang