Paradise Found

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Dié gerieflike en netjiese selfsorghuis is in Mosselbaai op die prentjiemooi Tuinroete geleë.

Dit is 'n volledig gemeubileerde vierslaapkamerhuis met 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die leefarea het 2 slaapbanke. Daar is 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Daar is ook 'n beskutte stoep met 'n enkelbed en sondek met buite-braaigeriewe en 'n see-uitsig. Verder is daar 2 toesluitmotorhuise en parkeerplek van die straat af op die perseel.

Daar is volledige DStv en 'n slimkaart is ingesluit. Daar is 'n platskerm-TV in die leefarea en 'n tweede TV in die hoofslaapkamer op die boonste verdieping.

Linne word ingesluit. Bring asb. jou eie handdoek en toiletware saam.

Ons is in die bekoorlike voorstad Danabaai geleë. Dit is 'n omgewingsvriendelike bewarea net wes van Mosselbaai se middedorp. Hier kan jy die uitsig en klank van die see geniet en die kalmte en prag van die klein bokkies, fisante en tarentale waardeer.

Ons is na aan die Garden Route Casino, Pinnacle Point, Hartenbos en verskeie gholfbane en strande. Dit is ook net 'n 4 uur se ry van Kaapstad af en 30 minute vanaf George Lughawe.

Slaapplek

'n Bespreking by Paradise Found sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Paradise Found gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 R1 530 per nag (vir 8 mense)

Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za