Stormsrivier Akkommodasie by Pear Tree Cottage | LekkeSlaap
+29

Pear Tree Cottage

9 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Formosa-straat 22, Stormsrivier Village, 6308, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 6
  • Vanaf R1 000 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Pear Tree Cottage is ideaal geleë en kyk uit oor die Stormsrivierpiek. Hier kan jy net ontspan en van die wêreld ontsnap vir 'n klein rukkie. Skop jou skoene uit, sit agteroor en geniet die uitsigte en die windjie wat in die blare ritsel. Vier verskillende tipes paddas, wat woonagtig is in ons dammetjie, sal elke aand troebadoer speel, en verskillende tipes voëls soos die Kaapse glasogie, Knysnaloerie en bruinkopvisvanger sal ook kom kuier.

Verblyf word aangebied in 'n lieflike klein tuinkothuis wat versteek is tussen die Fynbos en ander inheemse plantegroei van die Tsitsikamma-streek. Die kombuisie is buite die kothuis, op die stoep, en beskik oor 'n tweeplaatstofie, oond en rooster. Binne die kothuis is daar 'n klein yskassie, mikrogolfoond, broodrooster en ketel ook beskikbaar. Rook is verbode in die kothuis.

Ons het ook 'n "vintage" boetiek-woudkothuis met privaat toegang. Dit is hoog bo 'n bergstroompie geleë, in die inheemse woud, en is deur die eienaar oor 'n tydperk van 2 jaar, met die hand gebou. 'n Kompostoilet, urinaal en gietysterbad dra by tot ons omgewingsvriendelike-etos. Die ingeboude dek-braai het 'n rooktoestel en 'n verskeidenheid gekruide hout is beskikbaar daarvoor.

Die kothuis is net 5 minute se stap van winkels, restaurante en kroeë af, en dit is ook naby die vernaamste besienswaardighede van die omgewing insluitend: boomtoptoere, binnebandry op die rivier, reksprong en asemrowende staproetes.

As jy lief is vir die natuur en honde is dit die ideale plekkie vir jou. Ons het 3 inwonende honde op die perseel en hulle loop maar los hier rond.

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Frans
  • Italiaans
  • Spaans

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 9 resensies vir Pear Tree Cottage
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Formosa-straat 22, Stormsrivier Village, 6308, Oos-Kaap
  • Gaste dink Pear Tree Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 000
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Formosa-straat 22, Stormsrivier Village, 6308, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 6
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkxMzU0MmM0LTRlZjYtNDQ5Ny1hZDViLTA4NzViNDg1YWY5MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (vir 2 persone) 9 5 1 5 22 Formosa Street Storms River Village 6308 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.97094268308 23.88533949852
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za