Tarkastad Akkommodasie by Peter's Place | LekkeSlaap
+29

Peter's Place

9 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naudestraat 50, Tarkastad, 5370, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R500 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Peter's Place bied gerieflike verblyf in 'n eenslaapkamerwoonstel in die klein Karoodorpie, Tarkastad. Hierdie Karoodorp is aan die oewer van die Rietrivier geleë, amper halfpad tussen Cradock en Queenstown.

Dié tuinwoonstel het 1 slaapkamer met 'n tweede gastekamer in die hoofhuis. Ons bied verblyf vir altesaam 4 gaste. Die gastekamer in die hoofhuis het 'n koningingrootte-bed en toegang tot 'n privaat badkamer.

Die tuinwoonstel het 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea met 'n TV en 'n eetarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en ingeboude kaste. Daar is 'n aparte badkamer met net 'n ruim stort. Die oopplan-leefarea is ruim met gemaklike sitplek vir 5 volwassenes. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, tweeplaatstofie en oondjie, 'n mikrogolfoond, ketel, broodrooster, strykyster en 'n wasmasjien.

Jy het ook gebruik van 'n bedekte patio met 'n braai wat uitkyk oor die beskutte tuin. Die eiendom is heeltemal omhein met 'n hek en ons bied veilige parkeerplek op die perseel. 'n Enkelmotorhuis is ook beskikbaar op die perseel.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 9 resensies vir Peter's Place
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Naudestraat 50, Tarkastad, 5370, Oos-Kaap
  • Gaste dink Peter's Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tarkastad Oos-Kaap
Vanaf R500
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R500
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naudestraat 50, Tarkastad, 5370, Oos-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGIzNGVmZDRjLTAxMGEtNGU2Ni1iY2MwLTRkNThiOWQ2NThjMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R500  per nag (vir 2 persone) 9 5 1 5 50 Naude Street Tarkastad 5370 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -32.006473600979 26.255461424589
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za