Pilbra Beachfront Self-catering Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pilbra is in Blouwaterbaai, in Port Elizabeth geleë en lekker stapafstand vanaf die strand. Dit bied gehalte-verblyf aan ’n gesin met vakansie, sakereisigers or dié wat hul familie besoek.

Verblyf beskik oor 4 identiese woonstelle wat elk 2 slaapkamers het en slaapplek aan 4 gaste bied. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het ’n en suite-badkamer en daar is ’n tweede, aparte badkamer in die woonstel.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met ’n stoof en oond, mikrogolfoond, wasmasjien, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die sitarea het ’n gemaklike sitstel en TV met DStv. Die sitarea lei na ’n balkon met ’n pragtige see-uitsig.

Die woonstel is binne maklike bereik vanaf verskeie bekende restaurante, Blouwaterbaai se strand en winkels. Dis 17 minute se ry vanaf Port Elizabeth Lughawe, 10 minute vanaf Green Acres-winkelsentrum en 5 minute vanaf Coega Harbour.

Daar is 1 veilige parkeerplek in die motorhuis.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pilbra Beachfront Self-catering Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za